WELKOM BY

Laerskool De Aar

#trotsLDA

Die waterstroom van opvoeding in die Karoo!

Laerskool De Aar se toegewyde personeel, betrokke ouers en positief-ingestelde leerlinge verseker sukses op alle onderwysterreine. Ons is 'n parallelmedium skool met Afrikaans en Engels as onderrigtaal. Alle leerders by Laerskool De Aar word op 'n voortreflike wyse onderrig, opgevoed en met Christelike waardes toegerus sodat hulle eendag elkeen as 'n gebalanseerde volwassene 'n menswaardige bestaan in die samelewing kan voer.

Visie

Ons is 'n parallelmedium skool met Afrikaans en Engels as onderrigtaal. Alle leerders by Laerskool De Aar word op 'n voortreflike wyse onderrig, opgevoed en met Christelike waardes toegerus sodat hulle eendag elkeen as 'n gebalanseerde volwassene 'n menswaardige bestaan in die samelewing kan voer.

Ons Waardes

Laerskool De Aar handhaaf 'n Christelike lewensbeskouing gebasseer op die volgende waardes: geloof, respek, integriteit, dissipline, eerlikheid en sportmanskap. Die waardes word gesimboliseer deur verskillende vlae wat weekliks opgehef word tydens saalopening, sowel as op die weeklikse omsendbrief bespreek en uitgestal word. Die skool se gange is ook versier deur draadornamente wat die verskillende waardes uitbeeld.

Missie

Laerskool De Aar sal poog om:

  • Sy leerders so op te voed dat hul persoonlike lewens sal getuig van hul persoonlike verhouding met hulle Skepper en dat hul lewenswandel gesonde lewenswaardes en 'n positiewe lewensuitkyk sal weerspieël.
  • 'n Hoë standaard van onderrig te handhaaf sodat leerders akademies tot hul volle potensiaal kan ontwikkel.
  • 'n Gebalanseerde buitemuurse program daar te stel waar die opvoedingsproses buite die klaskamer voortgesit kan word en waar die regte gesindhede tussen afrigter, skeidsregter, spanmaats en opponente gekweek kan word.
  • Die deugde van netheid, dissipline en selfdissipline en verantwoordelikheidsin in te skerp.
  • 'n Liefde vir die eie kultuur en 'n vaderlandsliefde in te skerp, maar ook om ander se standpunte en gebruike te erken en te respekteer.
  • As vennote in die opvoedingsproses met die ouers saam te werk in die belang van die leerders.
  • 'n Klimaat te skep waarin opvoeders en leerders geluk, tevredenheid en sekuriteit kan ervaar.
  • Elke opvoeder in staat te stel om die professionaliteit van hul beroep op 'n menswaardige wyse uit te leef.
  • Bekostigbare onderwys daar te stel deur die skool administratief en finansieel so te bestuur dat maksimum voordele uit die beskikbare bronne verkry word.

Hoe ons beplan om dit te bereik

'n Gedissiplineerde skoolomgewing moet geskep word om positiewe dissipline te bevorder, leerders en opvoeders self-dissipline aan te leer en voorbeeldige gedrag te vestig, asook 'n vennootskap van gesamentlike vertroue tussen ouer, kind en skool daar te stel. Elke ouer van laerskool De Aar verbind hul tot die kweek van 'n pligsbesef by leerders, en die hantering van die opvoeders en bestuur met die nodige respek.

Erekode

As 'n leerder van Laerskool De Aar sal ek:

  • Die Here vereer
  • My onderwysers en mede-skoliere respekteer
  • My skoolwerk pligsgetrou en betyds na die beste van my vermoë afhandel
  • Op die sportveld volgens die reëls en in goeie sportmangees deelneem
  • Die skooleiendom en die besittings van ander respekteer en oppas
  • Net wat aan my behoort gebruik en my eie besittings oppas
  • Sorg dat my skooldrag skoon en netjies is
  • Bo alles, daarna streef om eerlik vriendelik en opreg te wees.