Laerskool De Aar se toegewyde personeel, betrokke ouers en positief-ingestelde leerlinge verseker sukses op alle onderwysterreine. Ons is ‘n parallelmedium skool met Afrikaans en Engels as onderrigtaal. Alle leerders by Laerskool De Aar word op ‘n voortreflike wyse onderrig, opgevoed en met Christelike waardes toegerus sodat hulle eendag elkeen as ‘n gebalanseerde volwassene ‘n menswaardige bestaan in die samelewing kan voer.
Ons is ‘n parallelmedium skool met Afrikaans en Engels as onderrigtaal. Alle leerders by Laerskool De Aar word op ‘n voortreflike wyse onderrig, opgevoed en met Christelike waardes toegerus sodat hulle eendag elkeen as ‘n gebalanseerde volwassene ‘n menswaardige bestaan in die samelewing kan voer.
Laerskool De Aar handhaaf ‘n Christelike lewensbeskouing gebasseer op die volgende waardes: geloof, respek, integriteit, dissipline, eerlikheid en sportmanskap. Die waardes word gesimboliseer deur verskillende vlae wat weekliks opgehef word tydens saalopening, sowel as op die weeklikse omsendbrief bespreek en uitgestal word. Die skool se gange is ook versier deur draadornamente wat die verskillende waardes uitbeeld.
‘n Gedissiplineerde skoolomgewing moet geskep word om positiewe dissipline te
bevorder, leerders en opvoeders self-dissipline aan te leer en voorbeeldige gedrag
te vestig, asook ‘n vennootskap van gesamentlike vertroue tussen ouer, kind en
skool daar te stel.
Elke ouer van laerskool De Aar verbind hul tot die kweek van ‘n pligsbesef by
leerders, en die hantering van die opvoeders en bestuur met die nodige respek.
As ‘n leerling van Laerskool De Aar sal ek die Here vereer
Ek sal my onderwysers en mede-skoliere respekteer.
Ek sal my skoolwerk pligsgetrou en betyds na die beste van my vermoë afhandel.
Ek sal op die sportveld volgens die reëls en in goeie sportmangees deelneem.
Ek sal die skooleiendom en die besittings van ander respekteer en oppas.
Ek sal net wat aan my behoort gebruik en my eie besittings oppas.
Ek sal sorg dat my skooldrag skoon en netjies is
Maar bo alles, daarna streef om eerlik vriendelik en opreg te wees.