welkom by

DE AAR LAERSKOOL

Die waterstroom van opvoeding in die Karoo!

ONS GESKIEDENIS

Laerskool De Aar het sy deure in 1924 geopen. Sedert sy ontstaan het Laerskool De Aar daarop gefokus om goeie resultate te behaal – in die klaskamer, op die sportveld en in kulturele aktiwiteite

1933 - 1935
Skoolhoof: Mr D. J. Liebenberg

Die dorp ly onder 'n erge droogte en hongersnood

Leerders het tydens samekoms ineengestort weens hongersnood

Sprinkane het die bome wat op die skoolterrein geplant was, verslind

1940 - 1942
Skoolhoof: Mr D. J. du Plessis

Die koshuis is gebou met die hulp van die NG Kerk

1942 - 1968
Skoolhoof: Mr R. A. van Rensburg

Netbal- en tennisbane is gebou

In 1954 is 'n Olimpiese standaard swembad gebou teen 'n totale koste van R18 000

Marthinus Postma Junior Primêre Skool open in 1958, gevolg deur die De Aar Noord Junior Primêre Skool

In 1959 was die Leerlinge telling 830 en selfs die skoolhoof se kantoor is as klaskamer gebruik

Die Sterrie Marais-koshuis is in 1962 gebou

In 1966 is die eerste "luukse" skoolbus gekoop teen R5 686

Vanaf 1966 het Laerskool De Aar 'n junior skool geword vir slegs graad 4 tot 7 klasse, sowel as spesiale klasse

Die skool het in 1968 R6 695.05 in sy bankrekening gehad

1968 - 1976
Skoolhoof: Mr L. G. Potgieter

Noodhulp en tennis is by die skool ingestel

Die skool het meer sportvelde en fasiliteite benodig

1977 - 1988
Skoolhoof: Mr W. Zeelie

Die skool het meer sportvelde en fasiliteite benodig

1989 - 2011
Skoolhoof: Mr Bokkie Kamfer

Die nuwe skoolgebou is in 1996 ingewy

2012 - Huidig
Skoolhoof: Mr Pieter le Roux
  1. .'n Tweede en derde rugby/ hokkieveld. Die terrein is voorberei, besproeing aangelê en kitsgras gelê. Die projek  se koste was +/- R150 000
  2. Die netbal- en tennis bane word opgradeer danksy fondse wat van die Lotto ontvang is
  3. Ale vensterrame en ysterwerk aan die skoolgebou word afgeskuur en geverf teen 'n koste van R 120 000.
  4. Onderwyshulpmiddels in die form van rekenaars en televisies is in ale klasse aangebring teen R 200 000.
  5. Die notige tegnologie is ook in die personeelkamer aangebring om die werk van die personeel te verbeter. Sewe rekenaars is aangebring ten koste van R 50 000. Die Onderwysdepartement se nuwe programmatuur en vordering op die gebied is hierdeur vir die personeel vergemaklik.
  6. Die rekenaarsentrum is opgradeer met die installering van 30 nuwe rekenaars teen 'n koste van R 250 000. Die rekenaarklas word die afgelope twee jaar gebruik as leessentrum.
  7. 'n Onbeplande gebeurtenis wat plaasgevind het vanaf 2020 was die instelling van beurtkrag deur Eskom. Gereelde kragonderbrekings gedurende skoolure het klasse in donkerte gelaat, geen tegnologie kon gebruik word nie en onderwys is hierdeur bemoeilik. 'n Kragopwekker is teen 'n koste van R 125 000 aangebring as oplossing vir die kragprobleem en son panele ten koste van R 650 000 is daarna geïnstalleer om die hoë elektrisiteitskoste teen te werk.
  8. Die onbeskikbaarheid van water in De  Aar en 'n lang droogte gedurende 2020/2021 noodsaak ook die aanbring van 'n boorgat. Daar is in die verlede verskeie droë gate geboor, en die poging was met skeptisisme  begroet. Groot was ons verbasing toe die eerste poging 4000l opgelewer het en die skool met redelike onafhanklikheid sy eie water kan voorsien
  9. Die Covidtydperk het onderwys interessant vir almal gemaak en verskeie platforms is ingespan om onderrig te laat voortgaan. Sien asseblief die apart artikel afgestaan hieraan.
  10. Ons 1968 Mercedes Benz bus word in 2022 meganies van voor total agter herstel teen 'n koste van R 150 000. Deurlopende onderhoud is nodig om die bus padwaardig te hou en die aankoop van nuwe busse moet in die nabye toekoms as noodsaaklik gemerk word.
  11. Ons verseker dat ons geboue en terrein deurlopend instand gehou word teen hoë koste jaarliks.
  12. In ons skool se Eeufeesjaar word twee groot projekte afgehandel naamlik die opgradering van die netbal- en tennis bane (+/- R 300 000) deur fondlse van die Lotto) sowel as die verbeteringe/opgradering van die personeelkamer( +/- R 250 000)
  13. In Januarie 2025 word 2 splintenuwe Toyota bussies aangekoop teen ‘n bedrag van R 1 200 000.

    FONDSINSAMELINGS

    Gesien in die lig van die skoolfonds wat nie deur ouers betaal word nie ( en die tendens styg jaarliks), sowel as die groeiende aansoeke om skoolfondskwytskeldings, is fondsinsamelings onomwonde deel van die skool se jaarprogram. Sedert 2012 word 'n Wildsprojek aangebied wat jaarliks tussen R 90 000 - R 140 000 vir die skool inbring. In 2019 word die Buzzz fees vir die eerste keer aangebied en is dit nou gevestig as 'n groot fondsinsamelaar vir die skool. Ander klein fondsinsamelings word deurlopend gedoen om die skool se fondse te verhoog. Benewens die groeiende bedreiging van onbetaalde skoolfonds en meer ouers wat aansoek  om kwytskelding doen, is Laerskool De Aar in die Eeufeesjaar finansieël stabiel.

    1. PERSONEEL

    Sedert 2012 het die samestelling van die personeel heel wat verander. Die grooste verandering is die vervanging van ouer personeel met jonger personeel. 'n Interessante verskynsel in die Eeufeeesjaar is dat daar slegs 6 uit 25 personnel is bo die ouderdom van 50 en die res jonger as 36 jaar is.  Daar is geen personeel tussen die ouderdom van 36 en 50.

    Gedurende die Covidtyd is skole voorsien van onderwysassisstente en dit het daartoe gelei dat die Skoolbeheerliggaam onderwysassistente op 'n meer permanente basis aangestel het. Laerskool De Aar het besliste toegevoegde waarde ontvang deur die aanstelling van die assistente.

    Die pligsgetroue, hardwerkende personeel by Laerskool De Aar se belange moet te alle tye beskerm word - dit bly die belangrikste hulpbron op die platteland.

    Ervare personeel wat op pension gegaan het is Mev Viviene van Zyl (1992-2015), Mev Madelief Currie(Departementshoof - 1989-2017) en Mev Martha Gravett(Departementshoof - 1983-2022), Mev Isabel Battenhaussen(2005-2023), Mev Lydia van Aswegen(Sekretaresse  - 1993-2013)

    Mev Lelanie Wydeman(6 Januarie 2016)en Mev LIzzie van der Walt (10 April 2021) is oorlede.

    Leerlinge wat oorlede is, is Nomaphelo Nkumbi(30 November 2012) ,Gadwell Makaleni(3 November 2016) en Dionie van der Westhuizen(17 Augustus 2017).