Die Beheerliggaam speel ‘n sleutelrol om te verseker dat Laerskool De Aar vlot en doeltreffend verloop, en in die maak van beleide rakende kwessies soos taal, Godsdiensonderrig, skoolfooie en ‘n gedragskode vir leerders.
Elke ouer het die geleentheid om moontlikhede en geleenthede vir al die leerders te skep deur aan die Beheerliggaamverkiesings deel te neem. Dit is die verantwoordelikheid van elke ouer om belangstelling te toon en hul sê te sê in die bestuur van Laerskool De Aar om te verseker dat die beste gehalte onderwys aan alle leerders verskaf word. Raak betrokke by jou kind se skoolopleiding en maak ‘n verskil in Laerskool De Aar.