Alle klere moet duidelik gemerk wees vir maklike identifikasie van verlore items.
Die voorgeskrewe skooldrag moet gedurende skoolure sowel as ander skoolaktiwiteite gedra word, soos deur die beheerliggaam bepaal.
Skooldrag moet te alle tye skoon en netjies wees. Wat vessies betref, mag seuns slegs gewone wit vessies dra, wat onder geen omstandighede sigbaar mag wees nie.
UNIFORM VERSKAFFERS
Hennie's Centre
Tel: 053 631 2401 |
Main street 37, De Aar, 7000
Novel's Outfitters & Shoe Store
Tel: 053 631 2611 |
Main street 23, De Aar, 7000
KLEREDRAG
SOMERSDRAG
Seuns
Wit skoolhemp
Grys kortbroek
Swart gordel met klein gespe word vereis
Grys skoolkouse
Swart veterskoene (geen skoene met crêpesole nie)
Dogters
Wit kortmou, oopnek hemp
Skoolrokkie
Kort wit sokkies
Swart skoolskoene (veters of dwarsbalk, maar geen sandale nie)
Donkerblou, rooi of wit haarbande, linte of strikkies
WINTERSDRAG
Seuns
Donkerblou windbreaker met skoolwapen
Wit langmou skoolhemp
Grys langbroek (kortbroek word ook toegelaat)
Swart gordel met klein gespe word vereis
Donkerblou skooltrui (V-nek)
Grys skoolkouse
Swart veterskoene (geen skoene met crêpesole nie)
Donkerblou of wit serp (opsioneel)
Dogters
Donkerblou windbreaker met skoolwapen
Wit langmouhemp
Donkerblou skool sweetpak broek
Blou, rooi of wit haarbande, linte of strikkies.
Swart skoolskoene (veters of dwarsbalk, maar geen sandale nie)
Donkerblou skooltrui
Donkerblou of wit serp (opsioneel)
Kort wit of blou sokkies
SPORTDRAG
Tennis
Seuns: Blou gholfhemp, donkerblou kortbroek, kort wit sokkies en tennisskoene
Dogters: Blou gholfhemp, donkerblou skort, kort wit sokkies en tennisskoene
Netbal
Blou gholfhemp
Donkerblou skort
Kort wit sokkies
Tenniskoene
Donkerblou, rooi of wit haarbande
Rugby
Donkerblou of wit rugbybroek
Rugbytruie vir wedstryde sal deur die skool voorsien word
Atletiek
Seuns: Blou gholfhemp en donkerblou kortbroek. Atletiek vessie is opsioneel
Dogters: Blou gholfhemp en donkerblou skort of kortbroek. Atletiek vessie is opsioneel
Krieket
Blou gholfhemp
Donkerblou kortbroek
Lang wit kouse
Drafskoene
Hokkie
Blou gholfhemp
Donkerblou skort
Voorgeskrewe hokkiesokkies en hokkiestewels of drafskoene
ALGEMEENE REELS
Geen mussies, pette of hoede anders as wat die reëls oor skooldrag bepaal, mag gedra word nie
Die skoolbeheerliggaam kan, na oorweging, die leerder toelaat om gewone klere te dra. Sulke klere moet netjies en in goeie smaak wees