Laerskool De Aar

Beheer- liggaam

Die Skoolbeheerliggaam

Die Beheerliggaam speel 'n sleutelrol om te verseker dat Laerskool De Aar vlot en doeltreffend verloop, en in die maak van beleide rakende kwessies soos taal, Godsdiensonderrig, skoolfooie en 'n gedragskode vir leerders.

Lede van die Beheerliggaam

  • Me. Frieda Alberts Voorsitter & Finansies
  • Rudolf Visagie Ondervoorsitter & Fondsinsamelings
  • Pieter Le Roux Skoolhoof
  • Johan Barkhuizen Geboue, Terrein & Vervoer
  • Lelani Rautenbach Onderwyspersoneel
  • Riana Jonker Onderwyspersoneel
  • Renshia Fourie Dissipline & Sekretaresse
  • René van Zyl Koshuis & Fondsinsamelings
  • Laura Malan Nie-doserende Personeel

Rolle

Die skoolbeheerliggaam is verantwoordelik om:

  • Kwaliteit van onderwys te verbeter
  • Goeie bestuur te verseker
  • Te verseker dat Laerskool De Aar die belange van die gemeenskap dien en aan die verwagtinge van ouers voldoen
  • Rassisme, seksisme en alle ander vorme van onbillike diskriminasie en onverdraagsaamheid te bestry
  • Met oorgawe te werk en kwaliteit onderwys in Laerskool De Aar te verseker

Ouerbetrokkenheid

Elke ouer het die geleentheid om moontlikhede en geleenthede vir al die leerders te skep deur aan die Beheerliggaamverkiesings deel te neem. Dit is die verantwoordelikheid van elke ouer om belangstelling te toon en hul sê te sê in die bestuur van Laerskool De Aar om te verseker dat die beste gehalte onderwys aan alle leerders verskaf word. Raak betrokke by jou kind se skoolopleiding en maak 'n verskil in Laerskool De Aar.

Beleide

Die Beheerliggaam is verplig om beleide te maak wat:

  • Alle Suid-Afrikaanse kinders toelaat om die skoolstelsel te betree
  • Waardes van anti-rasisme en gelykheid tussen seun- en meisieleerders bevorder
  • Gemeenskappe help om alle godsdienste en kulture in ons land te respekteer
  • Leerders aanmoedig om 'n verskeidenheid van ons land se tale te praat
  • Leerders se regte respekteer en probleme op te los op 'n veilige en vreedsame manier