Laerskool De Aar

Sedert 1924

Ons Geskiedenis

Laerskool De Aar het sy deure in 1924 geopen. Sedert sy ontstaan het Laerskool De Aar daarop gefokus om goeie resultate te behaal - in die klaskamer, op die sportveld en in kulturele aktiwiteite

Tydlyn

1933 - 1935

Skoolhoof Mr. D.J. Liebenberg

  • Die dorp ly onder 'n erge droogte en hongersnood
  • Leerders het tydens samekoms ineengestort weens hongersnood
  • Sprinkane het die bome wat op die skoolterrein geplant was, verslind

1940 - 1942

Skoolhoof Mr. D.J. du Plessis

  • Die koshuis is gebou met die hulp van die NG Kerk

1942 - 1968

Skoolhoof Mr. R.A. van Rensburg

  • Netbal- en tennisbane is gebou
  • In 1954 is 'n Olimpiese standaard swembad gebou teen 'n totale koste van R18 000
  • Marthinus Postma Junior Primêre Skool open in 1958, gevolg deur die De Aar Noord Junior Primêre Skool
  • In 1959 was die Leerlinge telling 830 en selfs die skoolhoof se kantoor is as klaskamer gebruik
  • Die Sterrie Marais-koshuis is in 1962 gebou
  • In 1966 is die eerste "luukse" skoolbus gekoop teen R5 686
  • Vanaf 1966 het Laerskool De Aar 'n junior skool geword vir slegs graad 4 tot 7 klasse, sowel as spesiale klasse
  • Die skool het in 1968 R6 695.05 in sy bankrekening gehad

1968 - 1976

Skoolhoof Mr. L.G. Potgieter

  • Noodhulp en tennis is by die skool ingestel
  • Die skool het meer sportvelde en fasiliteite benodig

1977 - 1988

Skoolhoof Mr. W. Zeelie

    1989 - 2011

    Skoolhoof Mr. Bokkie Kamfer

    • Die nuwe skoolgebou is in 1996 ingewy

    2012 - Huidig

    Skoolhoof Mr. Pieter le Roux

    • Nuwe sportvelde is ontwikkel
    • Tans deel albei die laerskool en hoërskool fasiliteite wat 2 rugbyvelde, 1 hokkieveld, ablusiefasiliteite en genoeg tennis- en netbalbane op die skoolterrein insluit
    • Die skool het CCTV-dekking
    • E-leer begin in sekere vakke
    • Leerders van Laerskool De Aar het binne die eerste drie plekke geëindig by die ATKV Nasionale Redenaarskompetisie asook die Nasionale WOW Spelkompetisie
    • Laerskool De Aar het die eerbewys ontvang as die Kultuurskool van die Jaar in 2015 en 2017-2019 by die Karoo Eisteddfod waar gemiddeld 49 skole jaarliks meeding
    • In 2020 word die skoolbus opgegradeer
    • Die busloods word vergroot
    • 'n Nuwe klaskamer word opgerig
    • 'n Groot deel van die terrein is met nuwe gruis bedek
    • Nuwe afdakke word vir die personeel se motors geïnstalleer
    • Kleiner items word aangekoop soos yskaste, vrieskaste, saalstoele en kombuisware/eetgerei
    • Covid-19 in 2020:
      • Groot uitgawes word aangegaan om die personeel en leerlinge veilig te hou
      • 'n Volledige tuisonderrigprogram is ontwikkel en deur sosiale media aan ouers versprei
      • Gratis Wi-Fi is beskikbaar vir alle leerlinge