Laerskool De Aar

Fasiliteite

Ons Fasiliteite

Laerskool De Aar bestaan uit 'n moderne skoolgebou met 'n skoolsaal en administratiewe blok wat deur 'n oostelike vleuel (die Graad 4 en 5 klasse) en 'n westelike vleuel (die Graad 6 en 7 klasse) omring word. Die skool het 'n moderne rekenaarsentrum, biblioteek, tegnologieklas, kunsklas, wetenskaplaboratorium, snoepie en personeelkamer. Die buitegeriewe word deur Laerskool De Aar en Hoërskool De Aar gedeel. Twee rugbyvelde, een hokkieveld, tien netbalbane, twaalf tennisbane en ablusiegeriewe is beskikbaar. Die plaaslike olimpiese munisipale swembad word gedurende die swemseisoen gebruik. Twee sestigsitplekbusse en vier sestiensitplekbusse is tot die skool se beskikking. Hierdie busse word gedeel tussen Laerskool De Aar en Hoërskool De Aar.