Laerskool De Aar

Skool- uniform

Klerereëls

  • Alle klere moet duidelik gemerk wees vir maklike identifikasie van verlore items.
  • Die voorgeskrewe skooldrag moet gedurende skoolure sowel as ander skoolaktiwiteite gedra word, soos deur die beheerliggaam bepaal.
  • Skooldrag moet te alle tye skoon en netjies wees. Wat vessies betref, mag seuns slegs gewone wit vessies dra, wat onder geen omstandighede sigbaar mag wees nie.

Uniform verskaffers

Hennie's Centre Novel's Outfitters & Shoe Store

Kleredrag

Somersdrag

Seuns
  • Wit skoolhemp
  • Grys kortbroek
  • Swart gordel met klein gespe word vereis
  • Grys skoolkouse
  • Swart veterskoene (geen skoene met crêpesole nie)
Dogters
  • Wit kortmou, oopnek hemp
  • Skoolrokkie
  • Kort wit sokkies
  • Swart skoolskoene (veters of dwarsbalk, maar geen sandale nie)
  • Donkerblou, rooi of wit haarbande, linte of strikkies

Wintersdrag

Seuns
  • Donkerblou windbreaker met skoolwapen
  • Wit langmou skoolhemp
  • Grys langbroek (kortbroek word ook toegelaat)
  • Swart gordel met klein gespe word vereis
  • Donkerblou skooltrui (V-nek)
  • Grys skoolkouse
  • Swart veterskoene (geen skoene met crêpesole nie)
  • Donkerblou of wit serp (opsioneel)
Dogters
  • Donkerblou windbreaker met skoolwapen
  • Wit langmouhemp
  • Donkerblou skool sweetpak broek
  • Blou, rooi of wit haarbande, linte of strikkies.
  • Swart skoolskoene (veters of dwarsbalk, maar geen sandale nie)
  • Donkerblou skooltrui
  • Donkerblou of wit serp (opsioneel)
  • Kort wit of blou sokkies

Sportdrag

Tennis
  • Seuns: Blou gholfhemp, donkerblou kortbroek, kort wit sokkies en tennisskoene
  • Dogters: Blou gholfhemp, donkerblou skort, kort wit sokkies en tennisskoene
Netbal
  • Blou gholfhemp
  • Donkerblou skort
  • Kort wit sokkies
  • Tenniskoene
  • Donkerblou, rooi of wit haarbande
Rugby
  • Donkerblou of wit rugbybroek
  • Rugbytruie vir wedstryde sal deur die skool voorsien word
Atletiek
  • Seuns: Blou gholfhemp en donkerblou kortbroek. Atletiek vessie is opsioneel
  • Dogters: Blou gholfhemp en donkerblou skort of kortbroek. Atletiek vessie is opsioneel
Krieket
  • Blou gholfhemp
  • Donkerblou kortbroek
  • Lang wit kouse
  • Drafskoene
Hokkie
  • Blou gholfhemp
  • Donkerblou skort
  • Voorgeskrewe hokkiesokkies en hokkiestewels of drafskoene

Algemene reëls

  • Geen mussies, pette of hoede anders as wat die reëls oor skooldrag bepaal, mag gedra word nie
  • Die skoolbeheerliggaam kan, na oorweging, die leerder toelaat om gewone klere te dra. Sulke klere moet netjies en in goeie smaak wees